Covid-imperkings het impak op styging in tienerswangerskappe

Die Covid-inperkings het ‘n impak op styging van tienerswangerskappe gehad. ‘n Kliniese sielkundige in die onderwysministerie, Ayesha Wentworth, sê tydens die inperkings was daar ‘n gebrek aan voorbehoedmiddels. Volgens ‘n verslag het Namibia verlede jaar 3 683 tienerswangerskappe gehad en 2 348 meisies het die skool verlaat. Wentorth sê egter dié syfers kan baie hoër wees, want baie skole rapporteer nie tienerswangerskappe nie.