Fidentia se Arthur Brown op parool vrygelaat

Die voormalige eienaar van die omstrede finansiële dienste-onderneming, Fidentia,  Arthur Brown, is vanoggend op parool vrygelaat. Hy is in 2014 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van bedrog. Fidentia, wat intussen ontbind is, is beskuldig van die wanbestuur van meer as een-miljard-rand van Living Hands Umbrella Trust, wat moes gaan na die weduwees en weeskinders van mynwerkers wat in mynongelukke gesterf het. Korrektiewe Dienste het bevestig Brown is by die Voorberg-korrektiewe sentrum in die Wes-Kaap vrygelaat, en hy is na berig word na sy huis in Kaapstad geneem.