Numsa vaar uit teen ANC oor werksomstandighede by myne

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa het die ANC gekritiseer vir sy kommentaar dat Suid-Afrikaners gerus kan wees arbeidsverhoudings in die mynbousektor sedert die Marikana-menseslagting steeds aan die verbeter is. Dit was Maandag nege-jaar gelede sedert die polisie 34 mynwerkers in Marikana in Noordwes doodgeskiet het. ‘n Woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê daar is min bewyse dat myn-eienaars enige lesse geleer of enige betekenisvolle veranderings aangebring het om die werksomstandighede van mynwerkers te verbeter: