Stand van Covid in Zambezi is baie kommerwekkend

Inwoners van die Zambezi-streek is traag om teen Covid-19 ingeënt te word en slegs enkeles daag by inentingsentrums op. Volgens die goewerneur van die streek, Lawrence Sampofu, is dit ‘n uitdaging om mense te mobiliseer om hulle te laat inent. Sampofu praat met Kosmos 94.1 Nuus.