Numsa se staking na 16 dae beëindig

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa het die staking in die staal en ingenieursbedryf ná 16 dae beëindig. Die vakbond het die salarisaanbod van ses persent aanvaar, nadat hy aanvanklik agt-persent gevra het. Die sektor het tydens die eerste week van die staking ongeveer 500 miljoen rand in produksie verloor. Die werkers het op hul beurt 100 miljoen rand in salarisse verloor.