Inentingsveldtog skop Maandag in Khomas af

Die regering van Namibië wil die Covid-pandemie uit die land skop en het die landwye Get Vaccinated and Kick Covid 19 Out of Namibia-veldtog van stapel gestuur. Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, het gesê die veldtog sal Maandag 25 Oktober in die hoofstad van begin.