Namibiërs 45% van gaste by akkommodasiegeriewe

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië se toeriesmeverslag van die derde kwartaal, is 45 persent van gaste by akkommodasiegeriewe Namibiërs. Die Europese Unie bly steeds ‘n sleutelmark met meer as 38 persent toeriste wat van verskeie Europese lande kom kuier. Tien persent van alle gaste is Suid-Afrikaners. Die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold sê die tradisionele markte wil graag weer in Namibië kom kuier.