Swapo se presidensiële veldtog is ‘regeringsdoelwitte’

Die meer as 75 miljoen Namibiese dollar wat Fishcor na Swapo oorgedra het, was volgens Mike Nghipunya, wat steeds in die borgaansoek getuig, vir die presidensiële veldtog geoormerk. Hy is aangesê dat dit gelys moet word as regeringsdoelwitte en dit was nie sy taak om te besluit of dit ‘n doelwit was of nie.