Numsa: Pravin Gordhan moet ook bedank

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy is verheug oor die bedanking van Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter. Hy het ingestem om aan te bly tot einde Maart terwyl die raad na ‘n plaasvervanger soek. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê De Ruyter is die swakste uitvoerende hoof in Eskom se geskiedenis en sy onbevoegdheid is die rede vir die hoë beurtkrag-vlakke. Sy sê die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, moet ook bedank.