Krieket: Kane Williamson tree uit as Nieu-Seeland se toetskaptein

Krieket: Kane Williamson het uitgetree as Nieu-Seeland se toetskaptein, maar bly aan as kaptein van die eendag- en T20-spanne. Williamson het die toetsspan 38 keer aangevoer en 22 keer gewen sedert hy in 2016 die rol by Brendon McCullum oorgeneem het. Hy sê kapteinskap het op en van die veld ‘n groter werkslading en in hierdie stadium van sy loopbaan voel dit na die regte besluit. Tim Southee is aangewys as sy plaasvervanger, met Tom Latham as onderkaptein