Numsa pas eis affe afwaarts aan

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, doen ‘n dringende beroep op all werkgewersverenigings in die ingenieursbedryf om tot ‘n 6 persent loonverhoging in te stem wat gebaseer is op werklike betaling, of wat werkers werklik verdien. Dit is in plaas van ‘n ses-persent verhoging op die minimumloon wat die Staal- en Ingenieursbedryfsfederasie van Suider-Afrika aangebied het. Die staking in die bedryf is in sy derde week. Phakamile Hlubi-Majola van Numsa sê hulle dink nie die eise wat hulle stel is onredelik nie: