Daar is nie genoeg brandbestryding-toerusting nie

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap sê die gebrek aan brandbestrydingsdienste in die Dawid Kruiper-munisipaliteit hou ‘n gevaar vir gemeenskappe in. Die gebied is onlangs geteister deur verwoestende veldbrande. Dit volg na ‘n diensverskaffer in Upington ‘n brandweerwa geskut het weens wanbetaling deur die plaaslike owerheid. Jayson Esau van die DA sê hoewel die voertuig in ‘n werkende toestand is, moet ‘n betaling gedoen word om die voertuig vir operasionele doeleindes beskikbaar te stel:

In Namibië is uitdagings dieselfde en Kabinet het onlangs beslis dat meer brandbestrydingstoerusting regoor die land aangekoop moet word na die onlangse veldbrande.