Ferrari-baas sal wedrenne misloop

Die baas van die Ferrari Formule Een-span, Mattia Binotto, sê hy sal minstens twee van die oorblywende ses wedrenne vanjaar misloop. Hy gaan toesig hou oor die ontwikkeling van die span se motor vir die 2022-seisoen by die Maranello-fabriek in Italië. Al die spanne sal weer na hul motors se ontwerp moet kyk as gevolg van ‘n nuwe stel reëls en regulasies vir volgende jaar. Binotto sê op hierdie stadium beplan hy om die wedrenne in Meksiko en Brasilië mis te loop. Hy voeg by hy sal steeds verrigtinge op die baan dophou op die Saterdag en Sondag van ‘n Grand Prix-naweek, al is hy in Maranello.