Numsa hou betoging teen polisiewreedheid

Die metaalwerkersvakbond in die buurland, Numsa, sal vandag ‘n klagskrif aan die Germistonse polisiekantoor in Ekurhuleni oorhandig. Dit volg nadat die polisie op die 11 Oktober by die Fuzile Khesa-saal in Germiston met rubberkoeëls op vakbondlede geskiet het. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die lede het vroeër aan die ingenieurstaking deelgeneem, maar tydens die skietery was ‘n loonooreenkoms reeds bereik.