Agri SA sê stygende insetkoste knel voedselproduksie

Agri SA sê stygende insetkoste, soos noodsaaklike landbou-produksie-insette, arbeid en ander oorhoofse uitgawes is ‘n groot uitdaging vir voedselproduksie in Suid-Afrika. Die koste van kunsmis, onkruiddoders, verpakking, diesel, elektrisiteit en arbeid neem vinnig toe, wat dit vir baie boere bykans onmoontlik maak om voedsel volhoubaar te produseer. Die uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, sê ‘n onlangse studie deur die Buro vir Voedsel en Landboubeleid toon dat die koste van kunsmis vir graan en oliesaadproduksie in Suid-Afrika die derde hoogste ter wêreld is.