Vrystaatse Universiteit kry toekenning om tradisionele medisyne te vervaardig

Die departement farmakologie aan die Universiteit van die Vrystaat gaan een van die mees gevorderde farmakologie-laboratoriums in die land vestig nadat dit ‘n toekenning van 58 miljoen rand ontvang het. Die departement se direkteur, Motlalepula Matsabisa, sê die toekenning sal gebruik word vir ‘n fasiliteit vir kruiemedisyne, asook ‘n proefprojek om ‘n gesondheidsfasiliteit vir tradisionele medisyne te stig.