Nul Covid-gevalle by Korrektiewe Dienste

Covid-gevalle daal in Namibiese Korrektiewe Dienste-fasiliteite en inentings, veral onder korrektiewe beamptes, neem toe. Volgens kommissaris Sam Shaalulange is gevangenes en korrektiewe beamptes nou gretig om teen Covid-19 ingeënt te word. Hy sê daar is op die oomblik geen Covid-gevalle in gevangenisse nie.