Geen vrolike feestyd die jaar nie – ekonome

Weens verskeie redes voorspel ekonome dat Namibië nie ‘n vrolike feesseisoen gaan hê nie. Die Covid-pandemie het ‘n impak op talle huishoudings se inkomste gehad, veral met reuse-prysstygings. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie aan die Universiteit van Namibië sê dit gaan ‘n moeilike tyd vir sommige families wees, maar mense moenie skuld maak nie.