Nujoma en Paragon skik

Die Namibiese arbiedsminister Utoni Nujoma en Paragon Investment Holding van Desmond Amunyela en Lazarus Jacobs, het volgens stukke wat by die hoërhof ingedien is, geskik. Nujoma het 150 000 Namibiese dollar in skadevergoeding van die redakteur van die Windhoek Observer Kuvee Kangueehi geëis. Volgens sy stukke het Kangueehi hom belaster deur hom as korrup uit te beeld in ‘n koerantberig. Die partye het nog nie die skikkingsooreenkoms op die regstelsel gelaai nie en vra regter Shafimana Ueitele vir twee weke sodat dit onderteken kan word. Daarna sal dit as hofbevel deur die regter verklaar word.