Amupanda sal help sê oor FIMA

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het bevestig dat hy aangestel is as ‘n lid van die tegniese komitee wat ondersoek instel en konsultasies sal hou in verband met die omstrede FIMA-wetsontwerp. Die wet, wat op 1 Oktober vanjaar in werking sou tree, en 75 persent van werkers se pensioengeld teruggehou het tot op die ouderdom van 55, is onvoorwaardelik deur die finansminister, Ipumbu Shiimi teruggetrek. Amupanda was van die begin af baie uitgesproke teen die wetgewing. Intussen sê die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa, hy sal voortgaan om sy vyfjaarstrategie uit te voer ondanks die vertraging in die implementering van FIMA. Die uitvoerende hoof, Kenneth Matomola sê hy voorsien dat die implementering baie tyd sal neem en daarom kan die verwydering van kruisverwysings, gegewe wat moet gebeur, vinnig beweeg en sal die FIMA-wet nie Namfisa se strategie beïnvloed nie.