NTTU staak op 26 Julie vir 40% verhoging

Lede van die Namibiese Vervoer en Taxi-unie, die NTTU, sal op die 26ste Julie staak. Die taxibestuurders eis ‘n verhoging van 40 persent in hul fooie en het geen locus standi om aansoek daarvoor by die ministerie van vervoer te doen nie. Die president van die NTTU, Werner Januarie, sê hulle bedryf ‘n besigheid, nie ‘n liefdadigheidsorganisasie nie.

Intussen is daar gerugte dat die vulstasie-eienaars nie meer enige staking beplan nie maar, die voorsitter van die bedryf se vereniging, Hennie Krüger is nie bereikbaar nie.