NTB bespreek nuwe toerisme-tendense

Die Namibiese Toerismeraad, NTB, bied ‘n tweedaagse toerisme-simposium aan onder die tema ‘Re-imagining Stronger Together Spirit’ op Swakopmund. Die voorsitter van die NTB, Madeline /Goagoses, sê Namibië het die vermoë om ‘n hele reeks nis-toerismegeleenthede soos groen toerisme, kulturele erfenisprodukte, spa-geriewe en agri-toerisme te bied, om die markgroei te volhou wat nodig is om die reeks toerisme-produkte te verbreed. Sy sê vir Namibië om mededingend te bly, dit van kritieke belang is dat toerisme-belanghebbendes bemagtig word met tendense oor pryse, sosiale media en digitale bemarking. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, Tasa, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hierdie tendense.