DA versoek redding-sakemodel vir Prasa

Die DA versoek ‘n openbare-privaat vennootskap en redding-sakemodel vir Prasa. Dit moet ontwikkel word om die privaat sektor in staat te stel om die kundigheid te bied wat kan lei tot die entiteit se ekonomiese lewensvatbaarheid. Die DA-lid, Thamsanqa Mabhena, sê dit word vereis, nadat Prasa onlangs aan die Portefeuljekomitee oor Vervoer toegegee het die staatsbeheerde entiteit is in die hoësorg-eenheid.