Mbalula ontken dat brandstofheffings e-tol sal befonds nie

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê die regering het geen aanduiding gegee dat hy brandstofheffings gaan instel om e-tolle in Gauteng te finansier nie. Die organisasie teen belastingmisbruik het kommer uitgespreek dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, volgende maand se verwagte verlaging in brandstofpryse kan misbruik om ‘n brandstofheffing in te stel. Outa sê dit sal gedoen word om die Gautengse snelwegverbeteringspojek te finansier aangesien die e-tolstelsel dit nie kon doen nie. Mbalula se woordvoerder, Lwazi Khoza, sê Outa se bespiegelings is net gerugte: