NSFAF-hoof herinner aan amnestie op uitstaande skuld

Die uitvoerende hoof van die Namibiese studente-hulpfonds, Kennedy Kandume, het voormalige begunstigdes van die fonds daaraan herinner dat die amnestie-periode steeds geldig is. Hy het ‘n beroep op hulle gedoen, dat sou hulle werksaam wees, dat hulle die fonds kontak om ‘n betalingstelsel uit te werk. Hy het vroeër bevestig dat 8 000 debiteure van die fonds ekonomies aktief is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.