Charlize Theron sê Covid-entstofpatente moet kwytgeskeld word

Die Suid-Afrikaans gebore akteur Charlize Theron sê die Wêreldhandelsorganisasie moet instem tot ‘n kwytskelding op Covid-entstofpatente, sodat lande hul eie entstowwe kan vervaardig. Sy sê lande sal entstowwe moet begin deel as die Wêreldgesondheidsorganisasie teen 2022 sy doelwit om 70 persent van die wêreld se bevolking in te ent, wil bereik.