NRU se finale weer uitgestel

Die tussentydse hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Rugby-unie Theo Grunewald sê die dissiplinêre komitee se verhoor sal eers om een-uur vandag gehou word en alle partye het die reg om teen die komitee se beslissing te appelleer. Die verhoor volg na buitengewone omstandighede en baie ernstige beweringe deur ‘n rugbyklub oor die uitslag van die semi-finale in die reserwe en premierliga. Die finaal sou môre gespeel wees maar, dit is weer uitgestel tot die prosesse voltooi is, wat volgens hom, moontlik volgende week kan wees.