ANC-regering oorweeg verpligte inenting

Die Suid-Afrikaanse regering oorweeg om inenting teen Covid-19 vir werkers in die staatsdiens verpligtend te maak. Die departement van staatsdiens en administrasie sê in ‘n omsendbrief dit kan gebeur as inentingsyfers nie verbeter nie. Media in buurland berig die direkteur-generaal, Yoliswa Makhasi, het die omsendbrief aan al die direkteurs-generaal en departementshoofde gestuur. Hulle word aangemoedig om die tempo van inentings in die sektor te verhoog, en om betroubare inligting oor die inenting beskikbaar te stel.