NPPF: Eisprosedures by private mediese fondse regverdig 

Volgens ‘n opname van die Namibiese Private Praktisyns-forum stem 43 persent van Namibiese gesondheidsorgverskaffers wat direk van private mediese fondse kan eis, saam dat die eis-prosedures op ‘n regverdige manier plaasvind. Altesaam 65 persent van die gesondheidsorgverskaffers, tandartse en oogkundiges uitgesluit, is tevrede. Byna die helfte van Namibiese gesondheidsorgverskaffers het neutraal gebly in die opname of Namfisa, hul regte sal beskerm indien hulle onregverdig deur ‘n private mediese fonds hanteer sou word. Altesaam 38 persent gesondheidverskaffers stem nie saam dat Namfisa hul regte sal beskerm nie en 16 persent is van mening hul regte sal beskerm word.