BoN reageer op Trustco Bank Namibia se regsoptrede

Die Bank van Namibië het gereageer op Trustco Bank Namibia en Trustco Group Holdings wat ‘n mosie teen die bank by die Windhoekse hoërhof ingedien het. Die bank het dit van die hand gewys dat Trustco Bank Namibia volle kommersiële bankbedrywighede kan betree. Die uitvoerende hoof van die Trustco-groep Quinton van Rooyen, sê hulle het geen ander keuse gehad as om ‘n mosie in die hoërhof in te dien, om verskeie opdragte en besluite wat die Bank van Namibië sedert 25 Julie teen Trustco Bank Namibia uitgevoer het, te hersien. Kazembire Zemburuka, Bank van Namibië se direkteur van strategiese kommunikasie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die bank sal sy regulatoriese optrede ten sterkste beskerm.