Drie dae van rou in Venezuela na modderstortings

Venezuela se President Nicolas Maduro het drie dae van nasionale rou afgekondig nadat ten minste 22 mense dood is in modderstortings in die stad Las Tejerias. Twee-en-vyftig mense word vermis. Die modderstortings het plaasgevind nadat die El Pato-rivier sy oewers oorstroom en talle huise en winkels in die vloedwater weggespoel het. Sowat een-duisend noodpersoneel is tans besig met soek- en reddingsoperasies. Maduro beskryf die situasie as moeilik en pynlik.