Novak lyk goed vir die Franse Ope

Tennis: Die wêreld se nommer-een speler, Novak Djokovic, het sy opwarmingstoernooi vir die Franse Ope, wat vandag begin, in sy guns beklink. Djokovic het Alex Molcan van Slowakye met 6-4 en 6-3 in sy tuistoernooi in Belgrado geklop. Dit was die 34-jarige se tweede titel van die seisoen en die 83ste van sy loopbaan. Djokovic kort twee kampioenskapstitels om die gesamentlike mans enkelspel-rekord van 20 Grand Slams van Rafael Nadal en Roger Federer te ewenaar. Hy kon die toernooi op Roland Garros nog slegs een keer, in 2016, wen.