Independent Media in Suid-Afrika vra Ramos onverskoning

Independent Media in Suid-Afrika het Maria Ramos om verskoning gevra vir ‘n artikel wat in Desember verlede jaar op die IOL-webtuiste en in The Star gepubliseer is. Die mediagroep gee toe die artikel het ‘n aantal vals en lasterlike bewerings oor die huidige voorsitter van AngloGoldAshanti bevat. Dit is onder meer dat sy die rand gemanipuleer het, en dat haar optrede strafregtelike aanklagte van hoogverraad en korrupsie regverdig. Die mediagroep het sy bewerings onvoorwaardelik teruggetrek en om verskoning gevra.