Venaani en Malema kuier saam

Die Popular Democratic Movement se leier, McHenry Venaani, was die gas by ‘n aandete wat deur die leier van die Suid-Afrikaanse Freedom Fighters, Julius Malema aangebied is. Albei het die Pan-Afrika parlement in Midrand Gauteng bygewoon. Venaani was verlede week in die nuus toe hy op die tweede dag by die Pan-Afrika parlement oor ‘n gebrek aan eenheid in Afrika gepraat het. Hy het gesê die gebrek aan eenheid is veral deur mense van Wes-Afrika veroorsaak. Voor hy sy toespraak kon eindig, het woedende lede van Franssprekende lande in Wes-Afrika aan hom in Frans geskree dat dit nie korrek is nie.