Nou loop KZN deur onder woeste reën

Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê vlak vyf ontwrigtende reëntoestande word tot middernag vandag vanaf eThekwini tot by die suidkus verwag. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing oor swaar reënbuie uitgereik, wat daartoe kan lei dat sommige gebiede reënval van meer as 200-milimeter oor ‘n tydperk van 24 uur kan aanteken, wat kan lei tot gelokaliseerde oorstromings.