Freeth se memorandum het SADC se aandag

Daar blyk goeie nuus te wees oor die memorandum van die Zimbabwe-boer Ben Freeth, wat vra dat die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, of SADC, weer ingestel word vir geregtigheid en sodat boere wat van hulle plase verjaag is, vergoeding vir hul grond kan kry. Barend Uys van AfriForum het Freeth se memorandum ontvang. Dit is na die SADC-sekretariaat gestuur. Uys sê hy het terugvoer ontvang en dat die SADC-sekretaris versoek het dat die memorandum in Frans vertaal word.