Herstelwerk aan ondersese internetkabels sal langer duur

Herstelwerk aan die ondersese kommunikasiekabels wat internet-ontwrigtings in talle Afrika-lande veroorsaak het, sal minstens ‘n maand langer duur. Suid-Afrika en agt lande in Wes-Afrika is deur die skade aan vier kabels geraak, skynbaar weens verskuiwings in die seebodem. Internetgebruikers wat geraak is, is intussen na Google se Equiano-kabel herlei. Herstelwerk het begin deur ‘n herstelskip na die gebied te stuur.