Afrika se Covid-syfers dui nie aan hoe die pandemie Afrika geraak het nie

Ground-Up het ‘n navorsingstudie uitgegee wat bevind het Covid-19-gevalle en -sterftes wat in Afrika aangemeld is, is nie die volle verteenwoordiging van hoe die virus die vasteland geraak het nie. Volgens die redakteur van die ondersoekende joernalistiek-groep, Nathan Geffen, het Afrika-lande nie hulle reaksie op Covid-19 behoorlik gemeet nie. Geffen sê inentings-huiwerigheid en ‘n gebrek aan genoeg entmiddels is ook bydraende faktore: