Noord-Korea se Kim Jong Un dreig met kernwapens

President Kim Jong Un van Noord-Korea waarsku hy is gereed om kernwapens te gebruik indien militêre konflik tussen Noord-Korea, Amerika en Suid-Korea uitbreek. Internasionale nuusagentskappe berig Kim het gesê die land se gewapende magte is gereed om op enige krisis te reageer. Hy het Amerika daarvan beskuldig dat hy Noord-Korea “demoniseer” om sy vyandige beleid te regverdig. Hy het die militêre oefeninge van die VSA en Suid-Korea gekritiseer wat volgens hom uitgevoer word om Noord-Korea te teiken.