Onwettige drankverkope in SA groei met 10%

Die Suid-Afrikaanse Drank-handelsmerk-eienaarsvereniging sê strenger beheer is nou meer as ooit tevore nodig oor die land se onwettige drankverkope. Dit volg nadat ‘n internasionale verslag aangedui het die onwettige mark het met 10 persent toegeneem, met die totale aandeel van onwettig-vervaardigde drank wat na beraming 20 miljard Suid-Afrikaanse rand werd is. Dit beteken een uit elke vyf bottels bevat moontlik onwettige produkte. Kurt Moore van Salba sê die gevolg vir die Tesourie is dat 11,3 miljard rand hom nie bereik nie.