Nóg ‘n veldbrand breek oos van Windhoek uit

‘n Veldbrand het weer oos van Windhoek uitgebreek en die vuur is totaal buite beheer. Die vuur brand tans parallel met die C23-pad na Dordabis in ‘n suidelike rigting. Boere in die omgewing sê enige hulp sal waardeer word. Iris Stehn maan egter dat mense versigtig moet wees met die sterk wind.