Namibiese jeug moet besef eie voedselproduksie is belangrik

Intussen het die Namibiese jeugminister, Agnes Tjongarero gesê tydens die eerste inperkings moes die jeug besef het hoe afhanklik Namibë van Suid-Afrika vir voedselinvoere is. Sy sê hulle moet teen hierdie tyd besef dat Namibië sy eie voedsel moet produseer en nie van ander lande afhanklik vir kos moet wees nie.