Noord-Kaap wil bek-en-klouseer keer

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Mase Manopole, vra inwoners om mense wat beeste rondbeweeg by die polisie of die staatsveeartsenykundige eenheid aan te meld. Dit volg nadat die landbouminister, Thoko Didiza, ‘n verbod op die vervoer van beeste geplaas het. Die direktoraat veeartsenydienste in die Namibiese landbouministerie het die uitreik van gesondheidsertifikate vir die uitvoer van beeste op die hoef na Suid-Afrika opgeskort. Die landboudepartement in die Noord-Kaap se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê geen gevalle van bek-en-klouseer is tot op hede in die provinsie aangemeld nie.