Hoof van Tembisa-hospitaal nog nie oor verdagte betalings ondervra

Die DA in Gauteng sê ondanks weke se ontstellende onthullings oor verdagte betalings van miljoene Suid-Afrikaanse rand wat die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni gemaak het, het die provinsiale departement van gesondheid steeds nie die uitvoerende hoof, Ashley Mthunzi, hieroor ondervra nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die departementshoof, Nomonde Nolutshungu, het dit onlangs onthul op ‘n vergadering van die wetgewer se gesondheidskomitee.