Getuies in Bushiri-saak mag in Suid-Afrika getuig 

‘n Landdros in Lilongwe, Madalitso Chimwanza, het beslis getuies in Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, se uitleweringsprosedure kan in Suid-Afrika getuig. Die Malawiese hof het beslis om die saak na die land se hoërhof oor te plaas. Die getuienis sal in Suid-Afrika opgeneem en na Malawi gestuur word om die howe in staat te stel om te bepaal of ‘n saak uitgemaak is om gehoor te gee aan die Suid-Afrikaanse regering se versoek vir die Bushiri’s se uitlewering. Die egpaar word onder meer aangekla van bedrog en geldwassery.