Noord-Kaap stuur mielieplant-seisoen van stapel

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Mase Manopole, het die provinsiale mielie-plantseisoen in Pampierstad van stapel gestuur. Die projek is in samewerking met Saamtrek Boerdery-organisasie. Die departement het 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan vyf opkomende boere in die distrik beskikbaar gestel. Die woordvoerder van die departement, Zandisile Luphahla, sê dit is om 60 hektaar geelmielies te plant, wat met oestyd in die provinsiale regering se voerbanke gestoor sal word om tydens ‘n natuurramp aan boere in nood versprei te word.