Eskom: Eenheid 1 van Koeberg-kragstasie vanaand aflyn

Eskom het bevestig Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie gaan vanaand aflyn. Deur die eenheid aflyn te neem, sal 1 000 MegaWatt van die netwerk verwyder word. Suid-Afrika is tans op Fase 6-beurtkrag, maar die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland voorspel dat daar moontlik na hoër fases van kragonderbrekings sal gaan. Eskom verwag beurtkrag gaan vererger weens die dieselbegroting wat uitgeput is. Intussen het die DA sy oproep aan die kabinet herhaal om ʼn beperkte ramptoestand oor Eskom te verklaar.