Tyson Fury wil enigste bokskampioen wees

Boks: Die Wêreld-Boksraad se swaargewig-titelhouer, Tyson Fury, glo 2023 sal die beste jaar van sy boksloopbaan wees en hy wil graag die onbetwiste wêreldkampioen word. Die 34-jarige het ʼn oorwinning oor Derek Chisora behaal toe die geveg in die tiende ronde stopgesit is. Oleksandr Usyk, die houer van die WBV, IBF, WBO en IBO se titels, was langs die kryt. Fury sê hy wil graag die enigste kampioen wees.