Noord-Kaap laat waai met hondsdolheid-inentings

Die Noord-Kaapse landbou-departement beoog om die tienduisend-kerf met hondsdolheid-inentings te bereik. Die departement het reeds 9 891 troeteldiere in die provinsie teen hondsdolheid ingeënt. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die troeteldiere wat ingeënt is, sluit 8 565 honde, 1 321 katte, drie skape en twee meerkatte in: