Erge wanvoeding in Nigerië

Die internasionale humanitêre organisasie, Dokters Sonder Grense, doen ‘n beroep op die Verenigde Nasies om Nigerië in te sluit by sy volgende befondsingsplanne, om toenemende wanvoeding te verminder. Die organisasie se Nigeriese verteenwoordiger, Simba Tirima, sê onsekerheid, hoë voedselpryse en die uitwerking van klimaatsverandering is alles bydraende faktore tot wanvoeding. Tirima sê die huidige Islamitiese opstand wat ten minste twee miljoen mense ontwortel het, dra ook by tot die probleem. Hy het bevestig meer as 100 000 kinders is vir akute wanvoeding behandel.